

ADVERTISEMENT:

generiese foto
News Date: 11 September 2014
Die man wat daarvan aangekla word dat hy sy eie kleinkinders gemolesteer het, is op borg vrygelaat.
Die 55-jarige man kan nie geïdentifiseer word nie, om die identiteit van die twee slagoffertjies, ‘n meisie en seun van onderskeidelik sewe en nege jaar oud, te beskerm. Die man is die kinders se biologiese oupa en het hulle glo seksueel gemolesteer, terwyl hy by die kinders se ouerhuis tuisgegaan het vroeër vanjaar.
Die man het verlede Donderdag weer vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof voor landdros Bennie Smith verskyn vir sy borgaansoek. Hy is op R2 000 borg vrygelaat en moet weekliks, elke Vrydag, by die polisiestasie in Brits aanmeld.
Die man, wat nou verhoorafwagtend is, mag nie die Brits-area verlaat nie alvorens hy nie toestemming van die polisie gekry het nie. Hy staar verskeie klagte wat verband hou met die seksuele aanranding van minderjariges in die gesig. Hy mag ook later aangekla word van seksuele aansporing (grooming), nadat hy glo ook pornografie op sy selfoon aan die meisie en seun gewys het.
Die man se saak is uitgestel tot en met 30 Oktober, om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
