ADVERTISEMENT:

 

Kindermolesteerder tronk toe

 

News  Date: 21 March 2003

 

LOUIS TRICHARDT - 'n Inwoner van die dorp en eienaar van 'n privaat grassnydiens, Cornelius Rudolph Koekemoer (37), is Woensdag in die Streekshof op Louis Trichardt gevangenisstraf van sewe jaar opgelê, nadat hy skuldig bevind is op ses klagte van onsedelike aanranding en een van crimen injuria. Die klagte het almal verband gehou met misdade teenoor dogtertjies tussen die ouderdomme van nege en elf jaar oor 'n periode van etlike jare.

Koekemoer is in November verlede jaar gearresteer en het kort daarna skuld erken op al sewe klagte. Die klagte is teen hom aanhangig gemaak deur die plaaslike Kinderbeskermingseenheid (KBE) namens sewe dogtertjies, na 'n praatjie deur lede van dié eenheid oor kindermishandeling by 'n laerskool op die dorp.

Koekemoer het ondermeer homself aan verskeie van die dogters ontbloot, hulle onsedelik betas en hulle aan sy privaatdeel laat vat. In een geval het hy, buiten vir bogenoemde, ook orale dade met 'n 11-jarige dogter gepleeg. Laasgenoemde klag (Klagte 7) was een van die meer ernstige aanklagte teen hom. Klagte 1 tot 5 teen Koekemoer het ondermeer verband gehou met die onsedelike betasting, onsedelike dade en ontbloting teenoor vyf verskillende dogtertjies. Klagte 6, die van crimen injuria, het slegs verband gehou met ontbloting teenoor 'n negejarige dogter waardeer haar waardigheid en privaatheid ernstig aangetas is.

Ter vonnis oplegging het Landdros Fanie Reynolds gesê dat hy, ten spyte van die versagtende omstandighede wat aangevoer is, die misdade in 'n baie ernstige lig sien. Hy het genoem dat die misdade teenoor die dogtertjies oor 'n periode van 'n paar jaar, in een geval oor 'n periode van vyf jaar, plaasgevind het en dat daar 'n mate van beplanning by die misdade betrokke moes gewees het. Reynolds het ook gesê dat alhoewel dit nie betwis kan word nie dat Koekemoer dadelik skuldig gepleit het op al die aanklagte na sy arrestasie, die vraag steeds gevra moet word oor hoe lank hy met die misdade sou aangaan as hy nie uitgevang was nie. Hy het ook voor vonnisoplegging gesê dat gemeenskapsbelang die voorste sitplek neem ten opsigte van die vonnis. Hy het daarna vir Koekemoer tot vyf jaar gevangenisstraf op Klagte 1 tot 5 gevonnis. Op Klagte 6 is hy tot een jaar gevangenisstraf gevonnis en op Klagte 7 is hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Drie van die vyf jaar gevangenisstraf op Klagte 1 tot 5, asook die een jaar op Klagte 6, sal gesamentlik uitgedien word wat beteken dat Koekemoer effektief sewe van die elf jaar vonnis sal uitdien.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines