

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 March 2003
LOUIS TRICHARDT – 'n Lid van die plaaslike Departement Binnelandse Sake, Rebecca Mnisi, is verlede week in die landdroshof skuldig bevind op 'n klag van aanranding op 'n kollega van haar.
Volgens die klaer, mev. Lenie Schnetler, het sy die oggend van 20 Junie verlede jaar by haar kantoor by die Departement van Binnelandse Sake ingestap en gehoor hoe Mnisi en twee ander swart vroue praat oor 'n hofsaak waarin 'n wit man 'n Indiër-man doodgery het. Die man onder bespreking was die eggenoot van mev. Schnetler, mnr. Martin Schnetler van die plaaslike verkeersafdeling. Mnisi het gesê sy hoop die man (mnr. Schnetler) word lewenslank tronk toe gestuur, aangesien hy die Indiër-man "doodgemaak" het.
Mev. Schnetler het dadelik tussenbeide getree en Mnisi daarop gewys dat die man onder bespreking haar man is en dat die dood van die Indiër-man 'n ongeluk was. Mnisi het in antwoord hierop baie aggressief begin raak en 'n woordewisseling het ontstaan. Mnisi het op 'n stadium haar vinger teen mev. Schnetler se kop gedruk, haar aan die keel gegryp en gewurg. Dit was na aanleiding hiervan dat mev. Schnetler 'n saak van aanranding teen Mnisi aanhangig gemaak het.
Mnisi is op 12 Maart bo enige twyfel skuldig bevind op 'n klag van gewone aanranding. Sy is gevonnis tot 'n R1 500 boete of drie maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir drie jaar op voorwaarde dat sy haar in dié tydperk nie weer skuldig maak aan 'n soortgelyke oortreding nie. Sy is reeds in November verlede jaar deur die Departement van Binnelandse Sake geskors, hangende 'n klag van bedrog teen haar.
Die saak teen mnr. Schnetler spruit uit 'n voorval in September 2001 toe hy mnr. Dilip Naik (45) in Unikastraat raakgery het. Mnr. Naik het ernstige hoofbeserings opgedoen en is kort daarna oorlede. Mnr. Schnetler is egter in Julie verlede jaar onskuldig bevind op 'n klag van strafbare manslag, nadat die hof bevind het dat mnr. Naik nalatig was deur 'n pad oor te steek sonder om te kyk vir aankomende verkeer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
