ADVERTISEMENT:

 

Reddingsdienste bekommerd oor toename in ongelukke

 

News  Date: 21 March 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Lede van die plaaslike nood- en reddingsdienste het die afgelope week hul kommer uitgespreek oor die toename in ongelukke op die streek se paaie. In feitlik al die gevalle was nalatigheid aan die kant van die bestuurder die oorsaak van die ongelukke.

Sedert die begin van die maand is 22 meer ernstige ongelukke by die plaaslike brandweer aangemeld. Die syfer sluit nie in minder ernstige ongelukke nie. In een geval moes hulle op 4 Maart 'n baba, wat deur die ma weggegooi is, vanuit 'n buitetoilet op Kuruleni red.

Altesaam vyf mense het reeds dié maand hul lewens verloor op die streek se paaie. Twee van die oorledenes was voetgangers wat onderskeidelik by Madodonga en Mbokota onder die wiele van aankomende verkeer beland het. Intussen is die bestuurder van die voertuig wat die man by Mbokota doodgery het, aangekla vir strafbare manslag. Die Chavani/Mbokota-pad was ook die toneel van die gru-ongeluk waarin nog twee persone verongeluk het. Die ongeluk, waarin die 42-jarige Harris Maluleke van die SAPD op Louis Trichardt en die 43-jarige Alugumi Mulaudzi dood is, het op 14 Maart plaasgevind.

Buiten die vyf oorledenes, is agt persone sedert die begin van die maand ernstig beseer, terwyl 18 ligte beserings opgedoen het. Sewe van die ongelukke het op die N1-noord plaasgevind waar konstruksiewerk tans aan die gang is. In vier gevalle, almal in die bergpas, was swaar vragmotors betrokke. Tydens die een ongeluk moes die N1 vir 'n periode van vyf en 'n half ure gesluit word om reddingswerkers die geleentheid te gee om wrakstukke uit die pad te verwyder.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines