ADVERTISEMENT:

 

Cronjé pleit skuldig op klag van bedrog

 

News  Date: 14 March 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Bekende plaaslike besigheidsman en voormalige Sakeman van die Jaar, George Cronjé van Dyno Tune Up Centre, het Dinsdag (11de) in die landdroshof in Polokwane skuldig gepleit op 'n klag van bedrog.

Die saak hou verband met 'n R500 000 versekeringseis wat in Junie 2001 deur Cronjé ingedien is, na 'n beweerde "inbraak" by sy werkswinkel. Een van die masjiene, ter waarde van sowat R55 000, wat klaarblyklik tydens die inbraak gesteel sou gewees het, is later by sy werkswinkelvoorman se huis teruggevind. Intussen is 'n bedrag van R493 000 deur sy versekeraar, SA Eagle, aan hom uitbetaal. Na die geld uitbetaal is, is verskeie ander items wat na bewering gesteel sou gewees het, in Cronjé se besit gevind. Hy is aanvanklik gearresteer en op borgtog van R20 000 vrygelaat. Die sake teen hom is egter in Januarie 2002 voorlopig teruggetrek, hangende verdere ondersoek.

Die saak teen Cronjé is intussen weer geopen en sou Dinsdag in die hof dien vir verhoor. Verskeie getuies is ook geroep om teen Cronjé te getuig. Hy het egter vooraf skuldig gepleit. Hy is gevonnis tot een jaar gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar. Daarbenewens moet hy 'n bedrag van R400 000 aan SA Eagle terugbetaal.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines