

ADVERTISEMENT:

generiese foto
News Date: 03 October 2014
Plaaslike kleuterskole of vroeë-kinderontwikkelingsentrums sal nie net moet hersoneer nie, maar ook moet voldoen aan Kinder- en Maatskaplike wetgewing.
In terme van die Limpopo Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DMO) se vereistes moet kleuterskole geregistreer word, onderwysers moet behoorlik gekwalifiseer wees en moet hulle voldoen aan die reëls en standaarde soos uiteengesit in die Kinderwet (Wet 38 van 2005). Skole sal dus, as hulle wil registreer by die DMO, ‘n besigheidsplan moet indien, asook kan bewys lewer dat personeel voldoende opgelei is om met kinders te kan werk. Verder moet hulle besigheidsperseel ook voldoen aan die plaaslike munisipaliteit se wetlike- en gesondheidsvereistes.
In Makhado (Louis Trichardt) word ‘n kleuterskool as ‘n besigheid geag as daar meer as 10 kinders versorg word, en die erf moet gehersoneer word. Minder as dit, het ‘n skool net ‘n spesiale vergunningslisensie nodig, maar sal hulle steeds dié dokument by die DMO moet inhandig.
Die DMO vereis ook nou dat kleuterskoolonderwysers ten minste ‘n diploma in kindersorg moes voltooi het, en dat assistente ‘n noodhulpkursus moes voltooi het.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
