ADVERTISEMENT:

 

Appél teen ontwikkeling op sportterrein later aangehoor

 

News  Date: 23 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die aanhoor van die appél teen die beoogde hersonering van die dorp se sentrale sportterrein is uitgestel.

Die byeenkoms wat op 28 en 29 Julie in die sportsaal op die dorp gehou sou word, is onbepaald uitgestel. ‘n Nuwe datum vir die verhoor sal later aangekondig word.

Die plaaslike Stadsraad het in Oktober verlede jaar besluit om voort te gaan met die omstrede plan om die gedeelte van die sportterrein wat aan die N1 grens vir ‘n sakesentrum te hersoneer.

Die besluit het oorweldigende teenstand onder belastingbetalers op die dorp uitgelok en ‘n formele beswaar teen die voortgesette voorneme van die raad om die sakegemeenskap en belastingbetalers se wense te verontagsaam, is aangeteken. Die gemeenskap se appél teen die Raad se omstrede besluit sal nou later aangehoor word.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines