ADVERTISEMENT:

 

Streek se paaie eis nog twee lewens

 

News  Date: 14 February 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Twee persone is vroeg Maandagoggend dood, na 'n semi kop-teen-kop ongeluk tussen 'n minibus-taxi en 'n bakkie op die Louis Trichardt/Elim-pad. Die ongeluk was een van talle wat die afgelope week die plaaslike nood- en reddingsdienste behoorlik laat bontstaan het.

Die bestuurder van die bakkie, mnr. Roy Masindi (40), asook 'n passasier van hom, me. Sarah Mudau (50), is dood kort nadat hulle per ambulans vanaf die toneel verwyder is. Mnr. Masindi en me. Mudau het op 'n kontrak basis vir die Werk vir Water-projek van die Departement Waterwese en Bosbou gewerk. Beide Masindi en die bestuurder van die minibus-taxi moes uit die wrakstukke gesny word. Buiten vir dié noodlottige ongeluk, is 'n voetganger 'n paar minute vantevore by Bandelierkop doodgery.

Sedert die begin van die maand, is altesaam sestien ongeluk in en om Louis Trichardt aangemeld, waarvan sewe sedert die aanbreek van die naweek plaasgevind het. Vier van die ongelukke het in die bergpas oor die Soutpansberg plaasgevind, waar konstruksie werk aan die N1 tans aan die gang is. Een het naby 'n verlegging op die N1 na Musina plaasgevind. In drie gevalle was vragmotors betrokke en in twee van die ongelukke waar vragmotors in die berg betrokke was, moes die N1 vir etlike ure gesluit word.

Buiten vir die drie persone wat die afgelope week op die streek se paaie gesterf het, is 24 lig beseer, terwyl vyf ernstige beserings opgedoen het.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines