ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johan Botha (46).

Bekende sakeman neem sy eie lewe

 

News  Date: 23 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Talle inwoners sukkel steeds om sin te maak van die omstandighede wat gelei het tot die selfmoord van nog ‘n bekende inwoner en sakeman van die omgewing, Johan Botha (46).

Johan, beter bekend vir sy betrokkenheid tot onlangs by die Grasdak Gastehuis, is vroeg Maandagoggend dood aangetref in sy kamer in ‘n woonstel wat hy by ‘n vriend gehuur het in Munnikstraat. Hy het homself vergas.

Volgens die vriend het hy Johan nie geken as a laatslaper nie. Johan sou vroeg die betrokke dag na LMB Makhado reis vir ‘n besigheidsmoontlikheid ten opsigte van ‘n restaurant en bakkery op die basis. By verdere ondersoek het hy gas in die woonstel geruik en ‘n rukkie later, nadat die woonstel oopgesluit is, is daar op Johan se liggaam afgekom.

“Hy het ‘n brief gelos, maar al wat daarin gestaan het, was dat hy jammer is,” vertel die vriend.

Johan het in April vanjaar na Pretoria vertrek om die moontlikheid van ‘n vliegskool te ondersoek. Hyself was mal oor vlieg en was plaaslike ook betrokke by die Soutpansberg Modelvliegklub. Sowat twee maande gelede het hy weer teruggekeer na Louis Trichardt. Wat presies aanleiding gegee het tot Johan se selfmoord is nie seker nie. Talle het hom beskryf as ‘n man wat altyd in beheer was.

Wyle Johan word Vrydag, 23 Julie, om 14:00 vanuit die Hervormde Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines