ADVERTISEMENT:

 

Polisieman gelukkig om messteek te oorleef

 

News  Date: 31 January 2003

 

MUSINA – 'n Lid van die polisie se plaaslike Misdaadvoorkomingseenheid, insp. Jacques du Buisson, kan homself gelukkig ag om nog te leef, nadat hy Sondagaand (26ste) deur 'n besope lid van die publiek met 'n mes in die borskas gesteek is.

Insp. Du Buisson was ten tye van die voorval op patrollie in Nancefield saam met verskeie van sy kollegas. Omstreeks 01:10 het hulle by 'n kroeg gestop waar hulle gepoog het om 'n besope verdagte te arresteer wat begin amok maak het in 'n openbare plek. Terwyl hulle egter besig was met die arrestasie, het ongeveer tagtig tot 'n honderd besope mense vanuit die kroeg hulle omsingel en gepoog om die verdagte vry te laat. Die polisiebeamptes is rondgestamp, terwyl ander met bottels en klippe toegetakel is.

Sowat twintig nadat die polisiebeamptes die toneel verlaat het, het insp. Du Buisson 'n brandsensasie in die regter kant van sy bors begin voel. By nadere ondersoek het hy gesien dat daar 'n sny in sy uniform is onder sy regter arm.

Insp. Du Buisson is onmiddellik na die naaste mediese sentrum geneem vir behandeling, waar daar gevind is dat iemand hom met 'n mes gesteek het. Die mes het net-net sy regter long gemis. Alhoewel dinge heel moontlik anders vir insp. Du Buisson kon uitgedraai het, was hy reeds Maandag weer terug op sy pos.

Buiten vir bogenoemde voorval, is 'n 16-jarige dogter omstreeks 23:30 dieselfde dag deur 'n 22-jarige man in Matswale verkrag. Volgens die dogter was sy alleen by die huis besig om te slaap, toe die onbekende man daar opgedaag het. Die man het haar na sy woning geneem waar hy haar toe verkrag het. Kort nadat die dogter die saak by die polisie aangegee het, is die man gearresteer.

In 'n ander voorval is 'n 30-jarige vrou omstreeks 14:00, ook op Sondag, van R2 500 en 'n selfoon beroof, terwyl sy besig was om vis te vang in die Limpoporivier by Beitbrug. 'n Groep persone het vanaf die Zimbabwe kant van die grens na haar gestap, beroof en weer oor die grens terug gevlug.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines