ADVERTISEMENT:

 

Privaathospitaal kry eindelik lisensie

 

News  Date: 24 January 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Die eerste amptelike lisensie vir 'n private hospitaal op die dorp, is nou finaal beklink.

'n Lisensie, ingevolge waarvan 'n praktyknommer toegeken word aan die Zoutpansberg Medical Care Clinic, is met ingang 1 Januarie van krag.

Die praktyknommer magtig die onderneming om as 'n private hospitaal te funksioneer met mediese fonds goedgekeurde tariewe en ook vir private individue.

'n Woordvoerder vir die kliniek het vandeesweek by navraag gesê die tariewe vir private pasiënte sal gelei word deur die aanvraag en sal grotendeels bly soos dit nou is sonder enige verhoging. 'n Verhoging van deposito's en kraamtariewe sal egter van toepassing wees.

Voorlopig sal die kliniek nog steeds kraamgevalle, siekte en na-operatiewe versorging behartig. Die bestuur beplan reeds die aanbou van 'n teater en 'n afsonderlike kraamafdeling.

Die woordvoerder het beklemtoon dat alle private praktisyns welkom is om hul pasiënte tot die kliniek toe te laat. Die kliniek se dienste is beskikbaar aan alle bevolkingsgroepe. Dank is ook uitgespreek vir die morele steun wat hulle van die hele gemeenskap geniet het in die lang uitgerekte onderhandelings vir die verkryging van 'n lisensie. Die aansoek is aanvanklik heftig teengestaan deur die provinsiale gesondheidsowerhede en was ook die onderwerp van uitgerekte regsaksie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines