ADVERTISEMENT:

 

Man oorleef onderonsie met vurkhyser

 

News  Date: 17 January 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Die 58-jarige mnr. Ronnie Sutherland van die plaas Doringspruit kan homself gelukkig ag om nog te leef, nadat 'n veertien-ton vurkhyser in November oor hom gery het.

Mnr. Sutherland, 'n kenner van industriële masjinerie, was op 19 November besig om aan 'n veertien-ton vurkhyser te werk wat vir ongeveer twee en 'n half jaar lank gestaan het. Toe mnr. Sutherland die battery opkoppel, het die masjien skielik aangeskakel. Hy het met die skrik teruggespring en in die proses per ongeluk die swaar stuk industriële masjinerie in rat geruk. In daardie stadium het hy tussen die twee reuse wiele van die vurkhyser gestaan.

Mnr. Sutherland het onder die vurkhyser, wat op hoë revolusies vorentoe begin ry het, se wiel beland. Die wiel het hom omgeslinger en weer voor die vurkhyser ingegooi, waarna die masjien weer oor hom gery het.

Mnr. Sutherland is in 'n bewustelose toestand in die plaaslike hospitaal opgeneem vir mediese behandeling. Feitlik elke been in sy liggaam is gebreek, maar gelukkig het sy kop nie seer gekry nie. Daar was min hoop vir herstel en hy was op hart- en longmasjien gekoppel. Hy het eers weer op 5 Desember self begin asem haal. Wonderbaarlik is hy op 19 Desember uit die hospitaal ontslaan, na wat inwoners en vriende meen is 'n wonderwerk. Alhoewel hy steeds sukkel om asem te haal, herstel hy goed en bestuur reeds weer.

Mnr. Sutherland het sy dank uitgespreek teenoor almal wat hom tydens en na afloop van die ongeluk bygestaan het, asook diegene wat vir hom gebid het. Hy sê hy kan nie iemand uitsonder nie, aangesien daar te veel name is. Hy het wel sy vrou, Amelia, en sy kinders (Raymond, Cemoné en Corné) spesiaal bedank vir hul bystand.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines