ADVERTISEMENT:

 

Jong plaaslike skoonheid, Marlie Harris (5).

Jong model laat koppe draai

 

News  Date: 23 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die vyfjarige Marlie Harris het verlede week haar merk gemaak in die modewêreld deur onder die top modelle te eindig in die landwye YOTM Year of the Model kompetisie.

Die finaal van die YOTM-kompetisie het op 15 Julie by Emerald Casino in Vanderbijlpark plaasgevind. ‘n Volledig beeldsending van die verrigtinge sal einde Augustus op KykNET uitgesaai word.

Marlie het deelgeneem in die 5 tot 12 jaar kategorie, nadat sy tydens die noordelike streek se uitdunne in Polokwane in Mei deurgedring het na die finaal. Sy kon in die gesig-afdeling, loopplank-afdeling of beide meeding. In Marlie se geval het sy aan beide afdelings deelgeneem.

In die gesig-afdeling eindig sy onder die top vyf modelletjies uit sowat 420 inskrywings in haar ouderdomsgroep en in die loopplank-afdeling palm sy ‘n algehele derde plek in.

Deur haar deelname aan dié gesogte jaarlikse kompetisie vir jong modelletjies, het Marlie letterlik vir haar baie deure oopgemaak ten opsigte van kontrakte in die modewêreld. Meer inligting oor moontlike kontrakte sal egter eers einde Augustus beskikbaar wees.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines