

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 January 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die man wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was by die moord op die Hayward-egpaar in Oktober verlede jaar, die Zimbabwiër Themba Chirume, het verlede week weer hier voor die hof verskyn.
Chirume se saak is tydens sy hofverskyning op 7 Januarie weer uitgestel hangende die opdrag van die Direkteur: Openbare Vervolging.
Die Direkteur Openbare Vervolging moet besluit of Chirume alleen sal tereg staan in die hooggeregshof op die dubbele moordklag en of die staat sal aansoek doen vir ‘n uitleweringsooreenkoms ten opsigte van die ander twee verdagtes sodat al drie gelyk tereg kan staan op die klagte. Die identiteite van die ander twee verdagtes is bekend aan die Suid-Afrikaanse owerhede en bevind hulle tans in Zimbabwe. Die prosedure ten opsigte van uitlewering is egter ‘n baie lang en uitgerekte proses.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
