ADVERTISEMENT:

 

Van bo: Tannie Annetjie Horn (81), mnr. Vasantrai Jayashanker Dave (98), oom Willie Smit (72), mnr. Pieter van Schalkwyk (35) en tannie Ella Hermann (99).

Talle bekendes sterf tydens feestydperk

 

News  Date: 14 January 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Desember feesgety het ook sy kwota van hartseer opgelewer met die nuus van die dood van talle van die streek se bekende inwoners.

Minlike tannie Annetjie Horn (81) was jare lank ‘n bekende gesig by Beck’s Apteek. Sy het in September 1999 die besigheid verlaat na twintig jaar en sewe maande se getroue diens.

Tannie Annetjie was vir etlike jare woonagtig by Laat Lente. Weens gesondheidsredes is sy na Ons Tuiste Ouetehuis waar sy die afgelope paar maande in die eenheid vir verswakte bejaardes versorg is. Sy is op 28 Desember oorlede en word oorleef deur haar seun Jan, sy eggenoot Jean en twee kleinkinders.

‘n Roudiens, onder leiding van ds. Harm Bonnema vir wyle tannie Annetjie is Dinsdag, 4 Januarie, vanuit die N. G. Kerk Soutpansberg-gemeente gehou.

“Ons gaan haar baie mis,” sê die personeel van Beck’s Apteek en vriende.

* The local Indian community mourns the death of prominent pioneer figure Mr Vasantrai Jayashanker Dave (98) who died on December 28.

Sri Vasantrai first arrived in Louis Trichardt in 1929 and was a resident of the town for well over 70 years. He was well-known in local business and social circles and had served for major wholesale merchants for many years. During the mid 70's he underwent major operations and gradually went into retirement. During the last three years of his life he was in frail health.

Mr Dave is survived by one brother, one sister, two sons, four daughters, 12 grandchildren and seven great grand children.

The Dave family expressed their heartiest thanks and gratitude to all relatives, friends and Samaj for their kind assistance, comfort and support during their period of bereavement.

“May Bhai’s (as affectionately addressed by all family members) departed soul rest in eternal peace. Aum shanti shanti shanti,” they said.

* Die welbekende en beminde oom Willie Smit is op 8 Desember na ‘n siekbed van amper ‘n jaar in die ouderdom van 72 jaar oorlede.

Oom Willie het jare lank herwinning in die dorp gedoen en baie sal hom onthou as die “Asgatkoning” soos hy na homself verwys het. ‘n Roudiens is vir hom gehou vanuit die Hervormde Kerk op 13 Desember, waarna hy veras is.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle en vir oom Willie se vrou, tannie Isabel Smit, bygestaan het in hul tyd van hartseer. Hulle het ‘n spesiale woord van dank gerig aan dr. Casper Venter vir sy beskikbaarheid ten alle tye, ds. Phillip Horn van die Hervormde Kerk vir sy besoeke en mooi boodskap tydens die roudiens, tannie Ronel en oom Herman de Bruin vir die voorbereiding van die liggaam, Avbob vir die simpatieke wyse waarop hulle die begrafnis hanteer het, sister Venter en Anneke Stroebel vir al hulle bystand en die Rotariërs vir die gemaklike toiletstoel wat hulle geskenk het.

* Pieter van Schalkwyk (35) het die afgelope week sy lang stryd teen kanker verloor.

Pieter, wat vir meer as 15 jaar in vennootskap met sy skoonpa, Daan Steyn van Steyn Staal was, is op 11 Januarie oorlede. Sy dood kom twee dae voor sy 36ste verjaarsdag.

Pieter is na skool en sy weermagopleiding met Hanlie Steyn getroud. Twee seuns, Niël en Pieter, is uit die huwelik gebore.

“As man, vader, skoonseun, broer en vennoot sal sy plek leeg wees, maar ons is bly dat hy nie meer ly nie. Kanker het sy tol geëis,” het die familie gesê.

Pieter word Vrydag, 14 Januarie om 14:00 vanuit die Pinkster Protestante Kerk op die hoek van Rissik- en Reitzstraat begrawe.

* Die oudste inwoner van Ons Tuiste op die dorp, mev. Ella Hermann, is verlede week in die ouderdom van 99 jaar, drie maande en twee dae oorlede. Die begrafnis was verlede Vrydag.

Tannie Hermann, ‘n nooi Weideman, is op 3 Oktober 1905 gebore. Haar eggenoot, mnr. David Hermann, was ‘n bekende sakeman op Louis Trichardt. Sedert sy dood in 1982, was mev. Hermann ‘n inwoner van Ons Tuiste.

Gesinslede van sover as die Kaap het Vrydag die begrafnis in die plaaslike begrafplaas bygewoon. Ds. Harm Bonnema het ‘n troosdiens in Ons Tuiste behartig.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines