ADVERTISEMENT:

 

Wyle Hennie Smit (56).

Bekende nuusman skielik oorlede

 

News  Date: 14 January 2005

 

POLOKWANE – ‘n Groot leemte is gelaat in die joernalistieke bedryf met die nuus van die dood van een van die bedryf se staatmakers, Hennie Smit (56).

Hennie is Maandag (10de), omstreeks 22:00, aan ‘n hartaanval oorlede. Alhoewel hy hartprobleme ondervind het en reeds ‘n hartomleiding agter die rug gehad het, was hy tot en met sy dood aktief betrokke in die joernalistieke wêreld. Hy was alombekend vir sy skitterende beriggewing, veral ten opsigte van plaaslike en provinsiale regering, en was feitlik jaarliks onder die top presteerders in die Sanlam Toekennings vir Gemeenskapspers.

Hennie was vir etlike jare verbonde aan die Northern Review en het onlangs saam met kollegas gehelp met die vestiging van ‘n tweede koerant in Polokwane, die Polokwane Observer.

Hy word vanoggend (Vrydag) vanuit die Gereformeerde Kerk Pietersburg Suid begrawe. Die begrafnis sal deur Ds. Danie de Kock waargeneem word. Hennie word oorleef deur sy vrou Joey, nadat die egpaar sowat twee jaar gelede hul enigste dogter aan die dood afgestaan het.

Die nuus van Hennie se dood het as ‘n groot skok gekom vir almal in die bedryf. As gesoute joernalis was hy bekend vir sy etiese en korrekte beriggewing en hy is deur baie beskou as ‘n perfeksionis in sy werk. Die bedryf het voorwaar ‘n groot naam en persoonlikheid verloor.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines