

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 January 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die dorp se eie streeksfinalis in die Mev. Suid-Afrika 2005 kompetisie, die pragtige Juline du Preez, was oorstelp van dankbaarheid oor die gemeenskap se oop hand met die reuse bedrag wat hierdie week inbetaal moes word.
Verder is dit ook nou die tyd wat die gemeenskap Juline kan help om haar punte op te stoot deur die woord JULINE te SMS aan 36102 teen R5 per SMS.
Teen Maandag (10de) was daar nog R5 000 uitstaande op die bedrag van sowat R30 000 wat dieselfde dag inbetaal moes word. Mev. Marietjie Wiggill van die Wiggill Boerdery op Vivo het by Juline ingestap en die uitstaande bedrag vir haar gegee. Juline kon nie ophou glimlag en praat oor die gemeenskap se ondersteuning nie. Soutpansberg Petroleum het die R10 000 geborg wat nodig was om haar foto in die Mev. Suid-Afrika tydskrif te adverteer.
“Soveel borge het my gehelp. Ek is baie dankbaar teenoor elke borg,” sê Juline.
Die bedrag wat betyds inbetaal is, word opgebreek in R1 950 vir kategorie inskrywings, R2 000 vir kinderwelsyn, R3 000 vir kaartjies vir die kroningsgeleentheid, R3500 vir hoteltoelating, R8000 aan die Susca Watts instituut en R10 000 vir die advertensie in die Mev. SA tydskrif, waarvan 20 000 eksemplare in elk van die nege streke versprei gaan word. Elke finalis het ook nog vele ander onkostes.
Lede van die gemeenskap kan ook nou verder help dat hul sprankelende finalis punte versamel deur die SMS’e te stuur. Tien persent van Juline se finale punt word bereken op die aantal SMS’s bo 1 000 wat haar gemeenskap instuur. Juline sê dat daar al 400 SMS’e met JULINE na 36102 gestuur is.
Die kroningsgeleentheid vind plaas op 4 Maart by die St George Hotel in Irene, Pretoria.
Die borge tot op 10 Januarie is: SPB Petroleum, Wiggill Boerdery, Desai Wholesalers, Firefly, Audio Sat, Johan Lordan, Hester en Lukie Horn, Brink Schlesinger, Venda Sun, Jandrell & Swanepoel, Zoutnet, Du Toits Engineering, Armed Response, Bridge Motors, Dinnermates, Grasdak, Brake & Clutch, Capricorn Kwekery, Ultravideo en Prominent Paints.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
