ADVERTISEMENT:

 

Waterbeperkings steeds van krag

 

News  Date: 14 January 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Meer slegte nuus vir inwoners wat reeds sukkel om hul tuine aan die lewe te hou weens die erge droogte, is dat waterbeperkings steeds van krag is.

Die Makhado Munisipaliteit het hierdie week aangekondig dat waterbeperkings steeds geld ingevolge munisipale kennisgewing nommer 4 van 2004. Waterbeperkings is ingestel na die Departement van Waterwese en Bosbou se landwye oproep dat water spaarsaam gebruik moet word vanweë die abnormale droë weersomstandighede in die land.

Die beperking ten opsigte van tuin natmaak behels dat inwoners met gelyke straatnommers slegs Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 17:00 tot 19:00 hul tuine mag nat maak, terwyl inwoners met ongelyke straatnommers slegs Dinsdae, Donderdae en Saterdae vanaf 17:00 tot 19:00 mag tuin natmaak. In alle gevalle mag daar slegs van ‘n tuinslang wat in die hand vasgehou word gebruik gemaak word.

“Dit is in die belang van alle inwoners dat water spaarsaam gebruik moet word,” het die Raad gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines