ADVERTISEMENT:

 

Vrou oorleef aanval by nuwe plaashuis

 

News  Date: 21 January 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Mev. Dollie van Blerk kan beslis haarself gelukkig ag om nog te leef, nadat sy deur twee mans by haar nuwe huis oorval is.

Haar man, mnr. Gert van Blerk, sê dat sy vrou geweldig getraumatiseer is deur die ondervinding. Hy vertel dat hulle verlede Woensdag (12de) besig was om by hul nuwe plaaswoning langs Die Skuur en die kommando se skietbane in te trek.

“Ek is gou dorp toe. Toe ek terugkom merk ek ‘n pakkie sigarette op in die ingangspad na die huis. Ek het gesien dit is my vrou se sigarette en het dadelik besef daar is moeilikheid,” sê mnr. Van Blerk.

Mnr. Van Blerk het die huis binne gestorm en vir Dollie in die kombuis aangetref waar sy vasgebind was. Sy het hom meegedeel dat sy die honde hoor blaf het, maar toe sy omdraai om ondersoek in te stel het die twee mans reeds by haar gestaan. Een was gewapen met ‘n mes.

Die mans het mev. Van Blerk aan die keel rondgepluk en haar ook met die mes op haar arm bygekom. Nadat hulle haar vasgebind het, het hulle met etlike duisende rande se goedere op die vlug geslaan. Buiten vir bogenoemde was sy gelukkig ongedeerd.

Die Van Blerk-egpaar het hul dank uitgespreek teenoor die manne van die Bergwater Hotel, lede van die Soutpansberg Posduifklub en die polisie vir hul vinnige reaksie.

Die saak word ondersoek.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines