ADVERTISEMENT:

 

Dominee uit amp oor doopkwessie

 

News  Date: 28 January 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Ds. Dawid Serfontein is afgesit uit sy amp as predikant van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt weens sy verwerping van die kinderdoop en op Sondag (23ste) het hy hom by ‘n ander gemeente laat doop.

Ds. Serfontein het hom op die 18de voor die Klassis Soutpansberg teen ‘n klag van dwaalleer verweer deur hom te beroep op sy kerkordelike reg om ‘n beswaarskrif teen die belydenisskrifte langs die korrekte kerklike weg in te dien. Hy het aangevoer dat hy goeie Bybelse gronde het vir sy besware teen die leer van die kinderdoop.

Dawid besin tans oor die moontlikheid om te appelleer teen die besluite van die Klassis, maar hy het reeds in ‘n skrywe die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt kwytgeskeld van enige verpligtinge wat uit sodanige geslaagde appèl mag voortspruit. Die gemeente sou derhalwe ongehinderd kon voortgaan om ‘n nuwe predikant te beroep, sonder om eers die uitslag van ‘n moontlike appèl af te wag.

Alhoewel Dawid afgesit is as predikant, bly hy en sy gesin tans aan as lidmate van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt. Die kerkraad het goedgunstiglik besluit om die gesin se versorging met ‘n maand te verleng tot einde Februarie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines