

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 January 2005
WATERPOORT – Die SAPS Waterpoort het gereageer na aanleiding van ‘n berig verlede week van ‘n 74-jarige wat in die moeilikheid gekom het omdat hy ‘n hek oopgelos het by ‘n privaat ontwikkeling naby Waterpoort.
“Ons wil dit duidelik stel dat dit nie die bejaarde oom Daan Pretorius is wat die boete gekry het nie, maar sy kleinseun, Danie. Die koerantopskrif het aangedui dat die bejaarde beboet is,” het kaptein Steyn van Niekerk op 25 Januarie gesê.
Die insident het voorgekom by So-Ja, ‘n privaat dorpie 10km noord van Waterpoort, wat aan 50 aandeelhouers behoort.
Kaptein Van Niekerk, stasiebevelvoerder van die Waterpoort polisiestasie, sê dat die boete vir die ooplos van ‘n hek in ‘n grensheining vasgestel is op R500. Die boete word die bestuurder van die voertuig opgelê.
“Oom Daan kan nie bestuur nie en sy kleinseun het bestuur toe die hek oopgelaat is,” het kapt. Van Niekerk gesê. Verder het die polisie die regstelling gemaak dat hulle die betrokkenes op ‘n ordentlike manier gewaarsku het.
Die voorval het in Oktober verlede jaar plaasgevind en die boete is opgelê in Desember. Volgens kapt. Van Niekerk is daar sedertdien is daar nog nie weer by So-ja ‘n boete vir iemand opgelê nie.
Inwoners het gekla dat die hek al by verskeie geleenthede oopgelaat is. Bestuurslid en tesourier van die skema, mnr. Tielman Bosch (76) het verlede week gesê dat hulle nie ‘n sekuriteitswag by die hek wil hê nie.
Kaptein Steyn van Niekerk het gesê dat dit lyk of daar onmin tussen die aandeelhouers is; een groep wil die hek oophê en die ander groep is begaan oor sekuriteit en verbode immigrante.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
