

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 February 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Vrou en haar drie kinders is hier die hoof verdagtes in die grusame moord op ‘n plaaslike hoërskoolonderwyser.
Die erg verminkte lyk van die 47-jarige mnr. Abel Siphuma van die Luvhivhini Sekondêre Skool op Maebane in die Kutama area, is Maandag omstreeks 10:00 in ‘n sak in die veld op die Maebane dorpsmeent aangetref. Hy is met veelvuldige steek en kapwonde vermink.
‘n Een-en-veertigjarige vrou, haar 20-jarige dogter en twee seuns, onderskeidelik 22 en 16 jaar oud, is deur die polisie van Tshilwavhusiku in verband met die moord in hegtenis geneem.
Die berig van die grusame vonds het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap en leerders by die skool gestuur. Leerders is Maandag vroeg huistoe, as gevolg van die skokgebeure. Die oorledene was ‘n gewilde taalonderwyser by Luvhivhini en het onder meer Afrikaans en Tshivenda aangebied vir Grade 8-, 9- en 11-leerders. Hy was vir baie jare lank ‘n personeellid van die skool.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder is bebloede messe en kapmesse (pangas) in die woning van die oorledene op Maebane aangetref. Hy is vermoedelik in die woonhuis doodgesteek en –gekap, voordat die lyk in ‘n 80kg mieliemeelsak geplaas en uitgeneem is na die veld. Volgens die polisie is hy net na middernag Sondag dood.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
