

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 February 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die plaaslike polisie het hier drie beweerde onwettige immigrante uit Zimbabwe in hegtenis geneem op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en vermoedelik gesteelde goedere.
Die drie is Saterdagaand in die dorp se nywerheidsgebied in hegtenis geneem, nadat die polisie sekere inligting van lede van die gemeenskap ontvang het.
Die polisie het die verdagtes in hul voertuig vasgekeer en ‘n ongelisensieerde pomp-aksie haelgeweer en ‘n rewolwer by hulle gevind.
Die drie het die polisie daarna na ‘n woonhuis in Tshikota geneem waar hulle na bewering tuisgaan. In die woonhuis is verskeie huishoudelike elektroniese toerusting en klankapparaat aangetref, wat vermoedelik gesteel is.
Die beskuldigdes het Maandag in die hof verskyn. Die saak is tot 18 Februarie uitgestel en die beskuldigdes bly in aanhouding.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
