

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 February 2005
BUYSDORP – ‘n Stap vorentoe is geneem met betrekking tot die oplossing van die waterprobleem op Buysdorp.
Dit is die gevoel van ds. Ernie Smuts, voorsitter van die Algemene Vergadering van die Buysfamilie, na afloop van ‘n vergadering wat op 29 Januarie in die President Kruger Gemeenskapsaal gehou is.
Die Vhembe Distriksmunisipaliteit het ‘n R2 miljoen projek goedgekeur vir die opgradering en herstel van die waterpypleiding en –sisteem op Buysdorp. Die probleem met water op Mara/Buysdorp kom reeds ‘n lang pad. DA Raadslid me. Marie Helm het die probleem só opgesom: “Die sisteem is oud en dit gebeur ook dat die water nie reg gebruik word nie.”
Tydens die vergadering is genoem dat ‘n ingenieur van Africon die ondersoek verniet gedoen het en dat die voorlegging as sulks deur die Vhembe Districts Munisipaliteit aanvaar is. Die toewysing van die R2 miljoen is volgens die aanbeveling van die konsulterende ingenieurs.
Me. Helm voel ook tevrede met die vordering wat tydens die jongste vergadering gemaak is.
“Ek het die vergadering as sinvol beleef en die bydraes was positief. As die gemeenskap so kan saamwerk, sal ons êrens kom,” het me. Helm gesê.
Die vorige vergaderings in verband met die waterprojek was na bewering gekenmerk deur stormagtige optredes. Tydens die vergadering van 22 Januarie is ‘n stuurkomitee vir die waterprojek verkies. Na afloop van dié verkiesing het die DA in ‘n persverklaring, gedateer 25 Januarie, ongelukkigheid uitgespreek oor die feit dat die Bestuurskomitee van Buysdorp as verkose struktuur nie erken is nie. In dieselfde persverklaring is die burgemeester van Makhado versoek om bewerings van korrupsie en misbruik van mag aan die kant van Raadslid Joan Hoorzuk te ondersoek. Die bewerings het onder andere verband gehou met die waterprojek.
Voortspruitend uit die vergadering van die 29ste, het die voorsitter, ds. Smuts, gesê dat die stuurkomitee wat die 22ste verkies is, nie voortgaan nie.
“’n Belangrike vergadering is belê vir 12 Februarie waar ‘n komitee verkies sal word wat die skakeling sal doen vir die waterprojek. Verteenwoordigers van die Vhembe Distriksmunisipaliteit en me. Helm sal ook weer teenwoordig wees,” het ds. Smuts gesê. Hy het ook gesê dat die komitee op ‘n voorgeskrewe manier saamgestel sal word.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
