ADVERTISEMENT:

 

Bo: Die verrottende karkas van die koei en haar ongebore kalf wat haarself doodgespartel het in die greep van ‘n draadstrik. Onder: Mnr. Gert van Zyl staan by die 60 draadstrikke wat hulle verlede week in een weikamp op die plaas Melkhoutkopjes verwyder het.

Draadstrikke kos boere duisende

 

News  Date: 18 February 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Te midde van verskerpte optrede deur die polisie teen onwettige jagters, verloor wild- en veeboere steeds maandeliks duisende rande as gevolg van die probleem.

Die afgelope week het die stank van ‘n verrottende karkas van ‘n koei en haar ongebore kalf weer vir mnr. Gert van Zyl van die plaas Melkhoutkopjes ‘n knop in die keel. Die koei het haarself dood gespartel in ‘n draadstrik.

“Buiten vir dié koei staan daar ook twee ander beeste in die kraal met draadstrikke om hul nek en pote. Ons lei sowat R16 000 skade ‘n maand as gevolg van onwettige jagters wat draadstrikke stel,” het ‘n ontstoke Van Zyl opgemerk.

Van Zyl sê dat hulle nie meer kan waag om beeste in ‘n weikamp in te sit, alvorens die kamp vir strikke gevee is nie.

“In een kamp het ons verlede week 60 draadstrikke uitgehaal. Twee dae later is daar weer nuwe strikke gekry.”

Van Zyl is vol lof vir die polisie se verskerpte optrede ten opsigte van onwettige jagters, maar sê dat hulle meer gereeld sulke operasies moet uitvoer.

“Die polisie het wel die afgelope maand sukses gehad met die aankeer van ‘n groep onwettige jagters en ons waardeer dit, maar die probleem duur steeds voort. Ek laat my nie vertel dat met so baie polisiebeamptes woonagtig in hierdie woongebiede, hulle nie weet wie die onwettige jagters is nie!” sê Van Zyl. Hy het bygevoeg dat dit nie net die beeste is wat deurloop nie, maar ook klein- en grootwild wat telkens in strikke gekry word, hetsy dood of wat lewendig deur die veld sukkel met strikke om hul nekke en pote.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines