

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 February 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Mnr. Trompie van Dyk van AS Sandblasting is skielik Saterdagnag hier oorlede.
Mnr. Gerhardus van Dyk, alombekend as Trompie, het Saterdagaand (12de) nog by vriende geëet en is die volgende oggend dood in sy huis aangetref. Trompie (48) is oorlede aan natuurlike oorsake. Mnr. Brian Kruger van die plaaslike MOTH (Memorable Order of Tin Hats), sê dat Trompie die Dinsdag tevore in die Soutpansberg Privaatkliniek opgeneem is, maar dat hy die volgende dag weer ontslaan is.
Trompie is gebore op 28 Augustus, 1956 en het ook sy merk op die rugbyveld gemaak. Hy was ‘n baie lojale lid van die MOTHs en bemind by almal. Hy was in toesighoudende en administratiewe hoedanigheid by AS Sandblasting. Trompie het ook by tye diens gedoen by die SAPD op Groblersdal as instrukteur. Hy was voorheen getroud met Anne Jansen.
Die roudiens het Woensdag om 11:00 by die MOTH Turby Hills Shellhole plaasgevind. Trompie word oorleef deur sy twaalfjarige seun, Regardt.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
