

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 February 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Tannie Maxie van Eeden het die afgelope week mede-inwoners gewaarsku om nie goedsmoeds gebruik te maak van die dienste van ‘n persoon wat tans yskaste in die dorp smous nie.
Tannie Maxie vertel dat hulle onlangs ‘n man wat yskaste in die dorp herstel, genader het om aan hul yskas te werk. Die man het op sy beurt vir hulle ‘n groot dubbeldeur yskas, wat klaarblyklik in puik kondisie is, aangebied vir R850. Nodeloos om te sê, nadat hulle die geld aan die man betaal het, is hulle die yskas en hul geld kwyt.
Tannie Maxie sê dat hulle intussen verneem het dat die man klaarblyklik ook ander inwoners op dieselfde wyse ingedoen het. So ook het s/insp. Jaco Crause van die plaaslike bedrogeenheid Dinsdag bevestig dat hulle reeds soortgelyke klagtes ontvang het. In een geval, sê hy, het ‘n inwoner na bewering ‘n ysmaker by die betrokke persoon gekoop, maar tot op hede is daar nog geen teken van die ysmaker nie.
S/insp. Crause het lede van die publiek versoek om hom dadelik te skakel by tel. 084 608 3057 indien hulle soortgelyke klagtes het. Tannie Maxie het ook inwoners versoek om haar te skakel by tel. 082 728 4179 sodat ook sy kan help om, soos sy dit sê, die “man se bedrogskema in die kiem te smoor.”
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
