ADVERTISEMENT:

 

Ons doen is bes om misdaad te bekamp - ABSA

 

News  Date: 25 February 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Mnr. Deon Oosthuizen (Konsultant: Absa Groep Mediadiens) het na ‘n voorval verlede week, waartydens ‘n inwoner uit duisende rande geswendel is by een van ABSA se plaaslike OTMe, gereageer deur te sê dat ABSA alles moontlik doen om OTM-verwante misdade in die kiem te smoor.

“Absa en die ander drie vernaamste banke in Suid-Afrika monitor alle OTM-verwante misdaadvoorvalle wat deur kliënte aangemeld word ten einde teenmaatreëls by OTMe, wat as hoë risiko geïdentifiseer word, in te stel. Maandelikse forums word ook gehou,” sê Oosthuizen.

Oosthuizen sê dat ‘n ABSA-streekskonsultant ‘n omvattende risikobeoordeling van ‘n hoë-risiko OTM doen en dat die plaaslike polisie ook daarvan verwittig word. Verder sê hy dat kliënte voortdurend gewaarsku word teen OTM-slenters deur onder meer van die media gebruik te maak.

“In die geval van mnr. Koen meld hy dat die skerm ‘n vreemde taal vertoon het. Dit beteken dat die misdadiger by die betrokke OTM was sekondes voordat mnr. Koen sy kaart in die gleuf wou plaas,” verduidelik Oosthuizen. Hy sê die misdadiger kon ‘n gesteelde kaart van ‘n vorige slagoffer gebruik het om ‘n transaksie in sy eie taal te begin, waarna hy heel moontlik ‘n transaksie gekies het waar ‘n rekeningnommer ingesleutel moet word.

“Die misdadiger het toe teruggestaan en mnr. Koen het probeer om sy kaart in die gleuf te plaas. Die misdadiger het toe met mnr. Koen ingemeng en hom verwar en sy kaart bekom wat toe nooit in die gleuf geplaas is nie.

“Mnr. Koen het toe egter hierna besluit om sy PIN in te sleutel wat nooit moes gebeur het nie, want die opdrag op die skerm was vir ‘n rekeningnommer om ingesleutel te word. Sy PIN het daarom op die skerm verskyn,” sê Oosthuizen.

Oosthuizen sê kliënte moet altyd die skerm lees voordat ‘n OTM-kaart in die gleuf geplaas word en die “kanselleer” knoppie kan gedruk word as die skerm nie sê PLAAS JOU KAART IN DIE GLEUF nie.

“Moet egter nooit iemand anders toelaat om die ‘kanselleer kaart’ knoppie vir jou te druk nie,” sê Oosthuizen. Hy het afgesluit dat ABSA se selfdienskanaal tans besig om van die skerms op ABSA OTMe te verander ten einde hierdie spesifieke “modus operandi” van kriminele te beëindig.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines