

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 February 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Talle inwoners moes Maandagaand vuil gaan slaap, danksy ‘n onderbreking in watervoorsiening in sekere dele van die dorp.
Inwoners is totaal in die duister gelaat nadat hul waterkrane skielik opgedroog het. Sommige het die moeite gedoen om te probeer uitvind wat is fout, net om meegedeel te word dat daar ‘n fout is met die reservoir en dat hulle eers na ongeveer 02:00 Dinsdag weer sal kan water gebruik. Intussen het die laaste bietjie water by sommige huishoudings se krane meer na modder en sand gelyk.
Die Makhado Munisipaliteit se Direkteur Korporatiewe Dienste, Mnr Peter Magwala, het Woensdag gesê die onderbreking in watervoorsiening het Sondagoggend begin met ‘n elektriese fout by die substasie aan die oostekant van Erasmusstraat. Terwyl tegnici aan die probleem gewerk het, was daar geen kragtoevoer na die pompstasie wat water na die Roodewal en Tshikota reservoirs moes pomp nie. Intussen het inwoners aangehou water verbruik, wat die reservoirs se vlakke gevaarlik laag laat daal het.
Dit was egter nie die einde van die probleem nie. Maandag het ‘n gebarste pyp op die hoof watervoorsieningslyn die probleem verder vererger. Die probleem is reggemaak, maar dit kan verduidelik waarom daar soveel modder en sand in die water was.
Intussen het nog klagtes ingekom van mense wat ook van watervoorsieningsprobleme gekla het op Dinsdag en Woensdag. Mnr. Magwala het egter gesê dat hy nie bewus is van enige verdere probleme nie, maar dat hy sal navraag doen daaroor.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
