

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 March 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Pakkie bedorwe hoendervleis wat as vars van die rak af verkoop is, het die afgelope week ietwat van ‘n verleentheid veroorsaak vir die plaaslike Spar.
Mev. Wiedeck Brigitte van die plaas Vondeling vertel dat sy Vrydag ‘n pakkie hoendervleis by die supermark gekoop het. Sy sê sy het nogal seker gemaak van die “verkoop teen” datum.
Saterdag het ‘n onsmaaklike reuk haar vanuit haar yskas begroet. By nader ondersoek was die pakkie hoendervleis die oorsprong van die reuk. Met geen ander keuse het sy maar besluit om die vleis vir die honde gaar te maak. In die gaarmaak proses, vertel mev. Brigitte, het die vleis somer vanaf die bene geval. Haar honde het dit egter geniet.
Meer ontstellend was egter die kwessie oor die “verkoop teen 4 Maart” datum op die prysetiket. Van nader beskou het mev. Brigitte gemerk dat daar inderdaad twee prysetikette op die verpakkingsmateriaal verskyn. Die een is mooi netjies bo-oor ‘n tweede een geplak. Toe sy die boonste etiket aftrek, merk sy dat die onderste etiket lees “verkoop teen 3 Maart”. Die verkoopprys op die boonste etiket het sommer ook duurder geword.
Mnr. Luke Enslin, mede-eienaar van Spar Louis Trichardt, het Woensdag gesê dat hulle die voorval in ‘n baie ernstige lig sien. Hy het erken dat dit ‘n fout was van hulle kant af, maar dat hulle nie bewus was van hierdie praktyk nie. Hy sê dat hulle reeds opgetree het teen die persoon wat vir hulle dié verleentheid veroorsaak het en dat die betrokke persoon intussen uit sy pos as toesighouer verwyder is.
“Spar se bestuur streef altyd daarna om net die beste kwaliteit aan alle kliënte te gee. As daar enige probleem is, is kliënte welkom om met ons te kon gesels,” sê mnr. Enslin.
Mnr. Enslin sê dat hulle in gesprek was met mev. Brigitte en dat hulle alle kwadegevoelens uit die weg geruim het. Hy sê dat hulle haar ook intussen genooi het om deel te word van hul kliënteforum.
“Wat die kliënt betref het ons by Spar ‘n beleid van dubbel u geld terug in gevalle soos hierdie, of so nie sal ons die produk vervang asook die aanvanklike koste daarvan aan die kliënt terug betaal,” sê mnr. Enslin. In mev. Brigitte se geval is haar geld dubbel aan haar terugbetaal.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
