

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 March 2005
POLOKWANE – Een van die land se bekendste en kundigste boere, mnr. Bertie van Zyl, is die naweek na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 73 jaar oorlede.
Mnr. Van Zyl was die stigter van die wêreldberoemde ZZ2 tamatie onderneming in Limpopo se Mooketsi-distrik, wat bekendheid verwerf het vir sy voortreflike ekonomiese bestuursmetodes.
Oom Bertie, soos hy alom bekendgestaan het, was op sy dag Suid-Afrika se Boer van die Jaar en het op ‘n aantal nasionale landbouliggame gedien. Hy was ook ‘n uitnemende beesboer en is ‘n paar maal verkies tot President van die Internasionale Simenthaler Telersvereniging.
‘n Gedenkdiens word Saterdag (12de) om 10:00 vanuit die N. G. Kerk Laeveld in Modjadjiskloof (Duivelskloof) gehou.

ADVERTISEMENT:
