

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 March 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Kontant en selfoonkaarte ter waarde van etlike duisende rand word vermis na ‘n inbraak by Cellnet se nuwe sakeperseel in Songozwistraat oorkant die karavaanpark.
Volgens die eienaar van die nuwe winkel, me. Lynette Botha, het die inbrekers deur die dak gekom, die alarmstelsel deur die plafon ontkoppel en toe die kluis oopgebreek. Volgens die eienaar is plofstof gebruik om die kluis oop te kry.
Die inbraak kom terwyl me. Botha nog besig was om die nuwe tak in te rig. Haar winkel in Kroghstraat was ook vroeër die teiken van rowers.
Sy het besluit om nie voort te gaan met die nuwe winkel nie.
“Ek is nou werklik moeg vir hierdie soort ding,” het sy vandeesweek gesê. Me. Botha sal voortgaan met haar ander winkel, maar gaan al die toerusting wat reeds oorgeskuif was na die nuwe perseel ontruim.
In dieselfde winkelsentrum is ook op dieselfde manier by ‘n ander onderneming ingebreek, nadat die alarmstelsel op dieselfde wyse buite werking gestel is.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
