ADVERTISEMENT:

 

Grondeienaars moet hul van hul regte vergewis

 

News  Date: 18 March 2005

 

POLOKWANE – Die TLU-SA is nie gekant teen die beginsel van grond herverdeling nie, maar wel teen die manier waarop die regering met verskuilde agendas die proses verdraai en doelbewus vertraag.

Die TLU SA sê grondeienaars moet hulleself vergewis van hul regte.

In ‘n mediaverklaring wat uitgereik is deur die Pietersburg streekkantoor van die TLU-SA Noordstreek, word basiese riglyne vir die hantering van grondeise aan sy lede deurgegee. Die verklaring beklemtoon dat grondeisers nie outomatiese reg van toegang verkry bloot omdat ‘n grondeis in die staatskoerant gepubliseer is nie. Die Grondeisekommissaris mag wel onder sekere voorwaardes die grond besoek.

In die verklaring word herbevestig dat die TLU-SA Noordstreek ‘n moratorium geplaas het op alle plaasbesoeke, nadat druk op die Grondeisekommissaris geplaas is om eise te sif en vorendag te kom met die papierwerk rondom meriete en prima facie eise. By gebrek hieraan en as gevolg van die verslegtende veiligheidstoestande is alle plaasinspeksies tot verdere kennisgewing gestaak.

Grondeienaars word aangeraai om onmiddellik met die TLU-SA Streekkantoor te skakel om te bevestig of daar ‘n amptelike eis op hul grond geregistreer is. Dit is egter belangrik om te onthou dat, indien ‘n grondeis geregistreer is, dit nog nie as ‘n geldige grondeis geag word nie. Sodra die grondeis in die Staatskoerant gepubliseer word, word lede van die TLU-SA uitgenooi om die Streekkantoor te skakel vir riglyne. In die verklaring word beklemtoon dat die reg van toegang tot die eiendom by die grondeienaar berus totdat die eis afgehandel is.

Die Grondeisekommissaris mag die grond besoek om die grondeis te verifieer. Besoeke op plase deur verteenwoordigers van die Departement van Grondsake kan geskied en die verstandhouding met die Streekbestuur oor besoeke aan plase moet nagekom word. Dit is uiters belangrik dat grondeienaars met die TLU-SA Streekkantoor skakel wanneer ‘n plaasbesoek bespreek word. Die getal besoekers, datum, tyd en plek moet met die Streekkantoor uitgeklaar word. Die proses van die ondersoek moet vooraf ooreengekom word. Die grondeienaar moet eers toestemming gee vir die besoek. Die Grondeisekommissaris of verteenwoordiger moet hulleself amptelik identifiseer voordat toegang tot die grond verkry kan word. Die amptenaar se identiteit moet desnoods met sy kantoor bevestig word.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines