ADVERTISEMENT:

 

Die vroue van Ladies Circle 4 poseer vir ‘n foto saam met mev. Hester Beukes van die plaaslike CMR. Van links staan Meryl Botha, Christelle Viljoen, Tracey Milton, Lodene Purdon, Hester Beukes, Frieka Niemand, Melinda Prinsloo, Sanrie du Plessis, Pam McCabe (voorsitter), Zena Lambrechts (sekretaresse) en Pam Schoeman (visevoorsitter). Afwesig: Sandy van Niekerk (nasionale president van Ladies Circle).

Talle baat by Ladies Circle se projekte

 

News  Date: 18 March 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Vele welsynsorganisasies het munt geslaan uit Ladies Circle 4 se melodrama wat in Augustus verlede jaar in samewerking met Tafelronde Zoutpansberg 66 ter fondsinsameling aangebied is.

Lede van Ladies Cricle 4 het hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Louis Trichardt en omgewing vir hul ondersteuning van die melodrama, asook die volgehoue ondersteuning van al die dames se ander projekte.

“Daarsonder kan ons nie die minderbevoorregtes in ons midde van hulp kan wees nie,” sê hulle.

Die fondse wat die afgelope jaar deur Ladies Circle 4 geïn is, het hulle in staat gestel om:

* ‘n pasgebore wesie van die nodige klere, doeke en melk te voorsien;

* St Mark’s Orphanage van klere en kosvoorrade te voorsien;

* ‘n familie in nood van die nodige kruideniersware te voorsien;

* ‘n verwerpte baba melk en klere te gee;

* ‘n skoolkind met skoolfonds te help; en onderhoud vir twee kinders in nood te betaal.

‘n Mooi totaal van 2 000 stuks speelgoed is ook danksy Ladies Circle 4 se betrokkenheid ingesamel tydens die landswye jaarlikse Toy Run. Die speelgoed is uitgedeel in minderbevoorregte kinders en wesies tydens die Desember Kersgety. In dié verband het Ladies Circle 4 ‘n spesiale woord van dank gerig aan GIANTS. GIANTS het ‘n vragmotor beskikbaar gestel om die speelgoed van Johannesburg na die Toy Run aan te ry. GIANTS het ook ‘n astronomiese hoeveelheid blikkieskos vir liefdadigheid geskenk.

Die plaaslike Christelike Maatskaplike Raad (CMR) het ook gebaat by Ladies Circle 4 se toewyding ten opsigte van hul fondsinsamelingsprojekte. So het Ladies Circle 4 by verskeie geleenthede gehelp om in die CMR se onmiddellike nood te voorsien.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines