

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 March 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Vir mnr. Eddie Luies van die Ledig-kleinhoewes is konfrontasies met luislange nou bykans ‘n alledaagse ondervinding, nadat hy reeds meer as 20 van die slange by verskil-lende geleenthede van sy werf moes verwyder.
Die afgelope naweek was dit weer sulke tyd, toe hy gelyktydig twee van die reuse reptiele moes verwyder.
Die Luies-gesin is by uitnemendheid diereliefhebbers en benewens hul perde hou die gesin ook ‘n verskeidenheid kleinvee en ‘n groot getal eksotiese voëls, hase, marmotte en troetelmuise aan.
Mnr. Luies vertel hoe die aanteel van ‘n besondere raar voëlspesie skielik uit die hok begin verdwyn het. By nadere ondersoek is ‘n luislang betrap, wat homself gereeld gerieflik kom help het aan die maklike prooi. Alhoewel luislange blitsvinnig en uiters aggressief kan raak, het mnr. Luies reeds die slag aangeleer om die slang aan die nek en stert beet te kry en in ‘n sak te vervoer na die veld.
Toe dit tyd was om die hase kos te gee, was twee hasies verlede week baie skaars. Aangesien daar ‘n gat is waarin hulle kan skuil, is aanvanklik aanvaar dat hulle om een of ander rede maar net skugter is. Die hand wat na die hasies in die gat gesoek het, het egter vinnig onraad bemerk. Die luislang is in die haashok betrap en het kort nadat hy aangekeer is, weer die twee hasies opgebring wat hy kort tevore heel ingesluk het.
Gelukkig vir die luislang word hy ingesluit by die merkwaardige gesin se liefde vir diere en die natuur.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
