ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johny Lordan (56).

Oud-inwoner sterf in fratsongeluk

 

News  Date: 08 April 2005

 

TZANEEN - Johny Lordan (56), oud-inwoner van Louis Trichardt, is Vrydag, 1 April oorlede na ‘n fratsongeluk naby sy woning. Hy is noodlottig beseer nadat hy van die Sybrand van Niekerkbrug (tweelingbrug) geval het.

Johny en sy vrou, Marie, altwee boorlinge van Louis Trichardt, het hul skoolopleiding hier in die dorp voltooi waarna John sy vakmanskap as paneelklopper by die destydse Northern Motors begin en voltooi het. Hy het latere jare Soutpansberg Paneelkloppers, SPB Exhaust Centre, SPB Scrapyard en Makubane Exhaust Centre in Venda begin en suksesvol opgebou.

Johny en sy gesin verhuis in 1986 na Mooketsi waar hy die daaropvolgende 19 jaar onderskeidelik op Mooketsi en Duivelskloof werk. Ten tye van die fratsongeluk was hy werksaam te Limpopo Auto Body Repairs in Duivelskloof.

Johny was ‘n ywerige hengelaar en was ook welbekend onder die gemeenskap vir sy goedheid en tyd vir sy medemens. Hy word oorleef deur sy vrou en drie seuns Leon, Francois en Boetie, asook ‘n kleinseun, Joshua.

Wyle Johny se begrafnisdiens vind Saterdag, 9 April, om 10:00 vanuit die Immanuel-gemeente op Louis Trichardt plaas.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines