ADVERTISEMENT:

 

Wyle Theo van Rooyen (33).

Theo van Rooyen in Pretoria vermoor

 

News  Date: 15 April 2005

 

PRETORIA – ‘n Welbekende voormalige inwoner van Louis Trichardt, die 33-jarige Theo van Rooyen, is op 30 Maart by sy huis in Moreletta Park vermoor.

Min inligting was teen druktyd beskikbaar oor die wyse waarop hy vermoor is. Hy word oorleef deur sy vrou, Maxi, hul 18-maande seuntjie Kiewiet en sy 8-jarige seuntjie TJ uit ‘n vorige huwelik. ‘n Roudiens is op 5 April vanuit die N G. Gemeente Moreletta Park vir hom gehou onder leiding van dr. Philip Venter van Louis Trichardt.

Maxi, klein Kiewiet en familie het na afloop van die tragedie hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle in hul tyd van hartseer ondersteun het. ‘n Spesiale woord van dank is gerig aan dr. Venter wat, ten spyte daarvan dat hy eintlik op verlof was, na Pretoria gereis het om die roudiens waar te neem. Dank is ook uitgespreek aan Jan en Sally Brink van die Avbob-tak op Louis Trichardt wat die reëlings help tref het.

Die familie het ook hul dank uitgespreek teenoor Henning en Stephané Viljoen se bure, André Naudé, Simon van Heerden, Charmaine en Quinton Vogel en Jack Hayward van Louis Trichardt vir hul besoek. ‘n Spesiale woord van dank is ook gerig aan Clyde en Candy vir hulle bystand aan Maxi terwyl sy in Louis Trichardt was. Ds. Willem Boshoff asook al die inwoners van Louis Trichardt is bedank vir hul bystand.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines