ADVERTISEMENT:

 

Jong besigheidsman skuldig op dwelmklag

 

News  Date: 22 April 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Besigheidsman van Eltivillas, die 25-jarige Zaheer Asvat, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof skuldig bevind en gevonnis op ‘n klag van die besit van dagga.

Asvat is sedert Desember verlede jaar reeds drie keer gearresteer op klagte van die besit van dagga. Die arrestasies is uitgevoer deur die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid en speurtak. Die ondersoekbeamptes in die saak was afkomstig van die polisie se Georganiseerde Misdaadeenheid in Thohoyandou. Al drie klagtes is saamgevoeg en Asvat is op al drie skuldig bevind.

Landdros Bennie Smith het Asvat gevonnis tot ‘n boete van R3 000 of ses maande gevangenisstraf, asook ‘n verdere 12 maande gevangennisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar. Asvat se opgeskorte vonnis behels dat hy hom vir ‘n periode van vyf jaar nie mag skuldig maak aan ‘n soortgelyke klagte nie.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines