ADVERTISEMENT:

 

Polisie waarsku teen geldmaak-slenters

 

News  Date: 22 April 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die polisie het weer die afgelope week inwoners gewaarsku teen talle geldmaak-slenters wat in die dorp bedryf word.

‘n Manspersoon doen tans die ronde by besighede en inwoners met beloftes van groot vervoerkontrakte. Hy doen homself voor as die eienaar van ‘n vloot vragmotors. So byvoorbeeld sal hy ‘n wildboer nader en hom of haar meedeel dat hy buffels teen ‘n baie spesiale prys aan hulle sal kan lewer. Groot syfer word rondgegooi, maar dan sal hy skielik onthou hy moet nog, byvoorbeeld, gou gaan kos koop vir sy werkers. Toevallig sal hy sy beursie vergeet het en sal dan vra dat sy slagoffer hom gou ‘n paar honderd rand leen wat hy later die dag sal terugbetaal, wanneer hy die buffels kom wys. Nodeloos om te sê, hy keer nooit weer terug nie en die slagoffer is sy geld kwyt.

Nog ‘n slenter wat tans in die dorp bedryf word is die sogenaamde deposito-slenter. Alhoewel die polisie reeds herhaaldelik inwoners gemaan het teen die slenter, is daar steeds diegene wat daarvoor val.

‘n Persoon sal byvoorbeeld ‘n gastehuis skakel en ‘n bespreking plaas vir ‘n aantal nagte. Sê nou maar die koste aan die aantal nagte beloop ‘n R1 000, sal die persoon ‘n rukkie later terug skakel en sê dat hulle instede van ‘n R1 000 per ongeluk R10 000 in betaal het. Hulle sal dan die gastehuis versoek om die “oortollige” R9 000 aan hulle terug te betaal in ‘n spesifieke rekeningnommer. ‘n Vervalste inbetalingstrokie word telkens deurgefaks as bewys van inbetaling deur middel van ‘n gesteelde tjek. Dit kom ook later aan die lig dat die rekeningnommer wat deur hulle verskaf is onder ‘n vals naam geopen is. Die geld word dadelik onttrek wanneer ‘n slagoffer die sogenaamde “oortollige” bedrag inbetaal.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines