

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 April 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – “Ontwikkeling in toerisme plaas nie ‘n demper op die groei van byeenkomste soos die Kremetart Fietstoer nie.”
Dit was die woorde van die voorsitter van die Soutpansberg Toerismevereniging, me. Willie Botha. Sy het gerugte dat daar nie meer akkommodasie beskikbaar is vir besoekers en deelnemers aan vanjaar se Kremetart Fietstoer nie, die afgelope week hokgeslaan.
“Daar is genoeg akkommodasie vir ‘n ieder en elk wat die geleentheid op 3 en 4 Junie sou wou bybring,” sê Botha.
Buiten heelwat kampeerplekke en ander akkommodasie wat nog beskikbaar is, het daar talle oproepe gekom vanaf lede van die publiek wat huisvesting aanbied.
“Dit is belangrik vir ons dorp en omgewing en daarom moet ons gasvry en behulpsaam wees,” het een inwoner opgemerk.
Met die fietsfees as addisionele waardetoevoeging tot die Kremetart Fietstoer (wat vanjaar vir die vyftiende keer aangebied word) voorspel die huidige getal inskrywings en belangstelling reeds ‘n suksesvolle wedren.
Vir meer inligting en navrae, skakel Willie Botha by tel. 082 957 0102.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
