ADVERTISEMENT:

 

Senior polisieman skuldig aan diefstal

 

News  Date: 06 May 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Senior lid van die plaaslike polisiediens, insp. Thathu Joseph Madevha (41) is verlede week hier skuldig bevind op ‘n klag van diefstal.

Die saak spruit uit ‘n voorval op 13 September verlede jaar tydens ‘n polisie-ondersoek na afloop van ‘n inbraak by Musica in Kroghstraat.

Madevha het tydens die ondersoek besluit om twee CD’s ter waarde van sowat R123 in sy sak te steek en by die deur uit te loop. Ongelukkig vir hom het hy die alarmstelsel by die winkel se uitgang geaktiveer. Hy het vermoedelik gedink dat die alarmstelsel by die deur ook deur die booswigte wat vroeër ingebreek het, buite aksie gestel is.

Madevha is op 28 April in die plaaslike landdroshof skuldig bevind aan die diefstal van die CD’s. Hy is gevonnis tot ses maande gevangenisstraf of ‘n boete van R2 000. Madevha het aanvanklik ‘n uitstelboete van R800 dieselfde dag betaal en die verskil die volgende dag.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines