ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Skimbende slaan toe by Standard Bank

 

News  Date: 13 July 2015

 

‘n Waarskuwing van die Soutpansberg Dorpswag, dat misdadigers al hoe meer astrant word, blyk waar te wees.

Kort nadat die dorpswag in verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger gewaarsku het oor die toename in misdaad, het nóg mense slagoffers geword.

Verlede Vrydag het ‘n skimagtige skelm(s) by Standardbank in Kroghstraat, Louis Trichardt, ingebreek. Volgens die Makhado polisie het niemand iets gesien van hoe ‘n “onbekende bedrag geld” gesteel is uit een van die bank se kluise nie.

Polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het gesê die dief/diewe het toegang verkry deur ‘n gat te breek in die dak. “Hulle het reguit vir ‘n sekere kluis gegaan ... maar niemand het niks gesien nie, ook nie op die sekuriteitskameras nie, ook nie die sekuriteitswagte wat daar was nie,” het sy Maandag gesê. Sy kon nie bevestig hoe die kluis oopgemaak is nie. Die voorval het om ongeveer 22:00 plaasgevind.

Radzilane het bevestig dat die polisie ‘n saak van inbraak by ‘n besigheid ondersoek.

Teen druktyd is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines