

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 May 2005
POLOKWANE – Alternatiewe om boere ekonomies te bemagtig en op hul grond te hou, is bespreek tydens ‘n vergadering met ekonome op 22 April.
Die voorsitter van die TLU-SA Noordstreek, mnr. Dries Joubert, sê TLU-SA se Bestuur: Ekonomiese Sake het met ekonome prof. Koos de la Rey en mnr. Adam Jacobs beraadslaag ten einde beplanning te doen met betrekking tot sulke moontlike alternatiewe.
Mnr. Joubert het ook bekend gemaak dat die Bestuur: Ekonomiese Sake op 19 April die nasionale werkswinkel met die tema “Wetlands and Agriculture” bygewoon het.
Na aanleiding van veranderinge by ESKOM en die uitfasering van Agrelek, het die Ekonomiese Lessenaar op 25 April met senior ESKOM verteenwoordigers vergader om die hantering van probleme (rekeninge en eise) uit te klaar. Hy het DLU-kantore en boereverenigings se sekretaresses versoek om hul vergaderdatums aan ESKOM te verskaf, aangesien ESKOM graag meer aktief by sulke vergaderings betrokke wil wees. Dit geld ook vir skoue en boeredae. Mnr. Joubert het versoek dat voorsitters moet seker maak dat ESKOM-verteenwoordigers gereeld na vergaderings uitgenooi word, omdat dit ‘n effektiewe manier is om probleme op te los.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
