

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Jong André Naudé, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, het die afgelope week verneem dat hy een van slegs sewe nasionale hoërskool finaliste is in die ABSA Topentrepreneurkompetisie.
Dié jaarlikse kompetisie is gestig met die doel om entrepreneurskap tussen jongmense in Suid-Afrika aan te moedig en te beloon. Die Groter Johannesburg Sakekamer het gedurende 1981 die kompetisie begin en is die eienaar en administratiewe vennoot. ABSA is sedert 1997 die hoofborg, terwyl Rapport die media vennoot is sedert 1986. City Press het by hul aangesluit vanaf 2001.
As prys het jong André ‘n opwindende oorsese reis na Spanje en Marokko gewen vanaf 24 Junie tot 9 Julie vanjaar. Sy vliegkaartjies word geborg deur Lufthansa en R2 000 sal via internet in sy ABSA-rekening inbetaal word. Die algehele wenner ontvang ‘n prysgeld van R5 000.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
