

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 May 2005
POLOKWANE – Die plaaslike Distrikslandbou-unie het sy kommer uitgespreek oor berigte dat wildstropers nou van gevaarlike gifstowwe gebruik maak om op groot skaal vrektes te veroorsaak.
Die landbou-unie sê in ‘n media vrystelling wildstropery veroorsaak reeds ‘n geruime tyd groot verliese aan inkomste vir boere.
“Dit het ook al tragiese gevolge gehad, wanneer mense probeer het om hul eiendom te beskerm. Dit is onverstaanbaar hoe dodelike gifstowwe vryelik op straat beskikbaar is, terwyl ons weet dat boere baie nougeset hul gifstowwe agter slot en grendel hou. Ons is dankbaar om te sien dat die departement Natuurbewaring en die SAPD ‘n ernstige poging aanwend om teen die spesifieke misdaad op te tree en ook redelike sukses behaal het deur verskeie arrestasies. Ons doen egter ‘n ernstige beroep dat daar daadwerklik opgetree word teen die mense wat die gifstowwe so vryelik op straat verkoop en dat die verskaffingsbron opgespoor en uit die samelewing verwyder word,” lui die verklaring.
Die landbou-unie het boere gemaan om versigtig te wees en enige vreemde vrektes van wild onverwyld by die polisie aan te meld.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
