ADVERTISEMENT:

 

Voorsitters begin resultate kry

 

News  Date: 06 August 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – “Ons is besig om resultate te kry,” lui die jaarverslag van die Voorsitterskomitee, wat waarde tot die streek wil toevoeg.

Tydens die algemene jaarvergadering van die Voorsitterskomitee het dit duidelik geblyk dat die Voorsitterskomitee nie stilgesit het vandat die komitee gestig is in April 2003 nie.

In dié tydperk is ‘n hofsaak aan die gang gesit waar die naamsverandering van Louis Trichardt op hersiening geneem word. ‘n Aansoek om die respondente te verplig om die naamsveranderingsprosedure in te dien is teen die staat gewen met ‘n kostebevel ten gunste van die Voorsitterskomitee. Die Makhado Munisipaliteit is intussen bygevoeg as ‘n derde respondent in die saak. Die vooruitsigte dat die saak gewen kan word, is waarskynlik goed.

Die Voorsitterskomitee het kragte saamgesnoer met die Soutpansberg Sakekamer om te verhoed dat so baie vragmotors met die N1 roete oor die berg beweeg. Intussen is die Waterpoortpad as ‘n nasionale roete verklaar en onder die Nasionale Padagentskap se jurisdiksie geplaas, wat veroorsaak het dat minder vragmtors oor die berg beweeg. Die R10 000 boete wat op die kennisgewingborde verskyn het, wat trokke gelas het om oor die berg te beweeg, is verwyder. Die borde is ook later verwyder. Dit is in teenstelling met ander dorpe in die Limpopo waar gemelde borde nog steeds gesien kan word.

Die Voorsitterskomitee het in gesprek getree met die Uitvoerende Komitee van die Makhado Munisipaliteit rakende die knelpunte van nepotisme, korrupsie, korrupsie met tenderprosedure, goeie openlike korporatiewe bestuur, plaaslike ondersteuning van professionele mense, diensverskaffers en kontrakteurs, die gevolge van ‘n breindrein en die feit dat dit gekeer moet word en probleme wat Buysdorp met die Raad ervaar het. Uit hierdie gesprek het ‘n kommissie van ondersoek na korrupsie gevolg.

Die Voorsitterskomitee is ook genader deur die Kremetart Fietstoer se organiseerders om die Nasionale Padagentskap te versoek om nie die gebruik van die Waterpoortpad te verbied nie. Die Voorsitterskomitee sal ook in die toekoms baie sterk optree om te verseker dat hierdie fietswedren, wat een van die grootstes in die Suidelike halfrond is, steeds sal plaasvind.

Die Voorsitterskomitee is genooi na die begrotingsrede van die burgemeester en het positiewe kommentaar en proaktiewe kritiek gelewer wat goed ontvang is.

‘n Debat is aan die gang gesit met betrekking tot goeie korporatiewe bestuur sodat hierdie omgewing ‘n beleggings- en toerismebestemming sal word.

Die Voorsitterkomitee het ook Kommissaris Van Wyk en sy kollegas vanaf Polokwane gerapporteer vir die ontaktvolle, onbeholpe en uiters aggressiewe manier waarop hulle die inwoners van Louis Trichardt hanteer het op 1 April vanjaar tydens ‘n protesoptrede by die N1 roete.

‘n Nuwe bestuur is tydens die AJV verkies, bestaande uit mnre. André Naudé, Dave Patel, Jock Veldhuysen, JJ Gohell, Robert Khoza, Alexander Smail, Fritz Ahrens, Peter Menné en mevv. Jana Smith en Inga Gilfillan.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines