

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Plaaslike besigheidsman, die 25-jarige Zaheer Asvat, sal die volgende ses maande van sy lewe agter tralies deurbring.
Asvat se gevangenisstraf volg na die inwerkingstelling van ‘n vorige opgeskorte vonnis vir die besit van ‘n ongewenste afhanklikheidsvormende stof in April verlede jaar. Hy is in Polokwane gearresteer en skuldig bevind op genoemde klagte en gevonnis tot ‘n boete en ses maande gevangenisstraf wat opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar op voorwaarde dat hy hom nie weer aan ‘n soortgelyke klag skuldig maak nie.
Sedert Desember verlede jaar is Asvat drie keer op soortgelyke klagte gearresteer ten opsigte van die besit van dagga. Al die klagte is saamgevoeg en op 19 April het landdros Bennie Smith vir Asvat gevonnis tot ‘n boete van R3 000 of ses maande gevangenisstraf, asook ‘n verdere 12 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar.
Na Asvat se skuldigbevinding op 19 April het staatsaanklaer Hilke Janse van Rensburg ‘n aansoek namens die Staat gebring dat Asvat se opgeskorte vonnis van 2004 inwerking gestel word. Dit het aanleiding gegee tot sy hofverskyning op Dinsdag, 17 Mei, waartydens landdros Marcel Pieterse vir Asvat ses maande lank tronk toe gestuur het. Asvat het duidelik nie die uitspraak verwag nie en was nie genoeë om die hofsaal te verlaat nie. Sy regsverteenwoordigers se pogings om hom uit die selle te hou was egter onsuksesvol.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
