

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 June 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Drie verhoorafwagtendes is verlede week hier gevonnis tot sewe en ‘n halwe jaar gevangenisstraf na ‘n mislukte ontsnappingspoging.
Die drie, Ndabandaba Ndumiso, Ncube Nkosana en Robert Mkwanazi, het op 17 Maart in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van gewapende roof. Hulle is borg geweier en teruggestuur polisieselle toe. By die polisieselle aangekom onder die hofsaal, is twee van die verhoorafwagtendes deur insp. George Ntlemu na die sel geneem, terwyl insp. Mamba Nemavidi die derde verdagte se vingerafdrukke geneem het. Insp. Nemavidi is skielik deur die verdagtes oorrompel en van sy dienspistool beroof. Die verdagtes het die pistool oorgehaal, maar gelukkig vir insp. Nemavidi was die vuurwapen nie gelaai nie, aangesien hy die magasyn elders aan hom versteek het.
Terselfdertyd het die twee ander verdagtes vir Insp. Ntlemu oorrompel. Hulle het daarna gepoog om die selle se sleutels te roof.
Insp. Nemavidi het te midde van die worsteling om hulp geskreeu. Gelukkig vir hom het Insp. Douw van Tonder, wat in die hofsaal was bo die selle, die hulpkreet gehoor.
Gewapen het hy teen die trappe afgestorm. Dit was duidelik dat die drie verdagtes nie gedink het iemand sal so vinnig reageer nie. Hulle het dadelik oorgegee nadat hulle Insp. Van Tonder gewaar het.
Die drie se mislukte ontsnappingspoging het hulle duur te staan gekom. Hulle is volgens die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk elk verlede Woensdag, 25 Mei, gevonnis tot ‘n effektiewe drie jaar gevangenisstraf vir die roof van ‘n vuurwapen, drie jaar gevangenisstraf vir die gepoogde diefstal van die selle se sleutels en 18 maande gevangenisstraf vir poging tot ontsnapping.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
