ADVERTISEMENT:

 

Gerhardus Fourie (links) en Richard Schwerdfeger (regs) het onderskeidelik eerste en derde geëindig in die junior-afdeling van die skou. Foto verskaf.

 

Streek se “jong boere” maak naam vir hulself

 

News  Date: 04 September 2015

 

Louis Trichardt se “jong boere” het behoorlik naam gemaak vir die Soutpansberg deur verskeie top plekke op te raap tydens hul eerste deelname aan die Jeugskou wat as deel van die Letaba Skou verlede maand in Tzaneen aangebied is.

Dié mini-skou is op inisiatief van Hoërskool Merensky aangebied op 1 Augustus. Daar was drie kategorieë waarin leerlinge kon deelneem, naamlik vleisbeeste, vleisskape en vleisbokke. Alle leerlinge van so jonk as 10 jaar kon inskryf.

Die mini-skou is voorafgegaan deur ‘n spesiale opleidingsessie vir die jong boere wat op 27 Julie aangebied is by Limpopo Melkery buite Louis Trichardt. Binne ‘n baie kort tydjie is die kinders geleer hoe om hul vee skou-gereed te kry, asook hoe om self op te tree tydens die skou. Alhoewel die skou-gereedheid van die dier ook punte getel het, is die jong deelnemertjies veral op hul persoonlike voorkoms, gedrag en hoe hulle met die beoordelaars oor hul diere kommunikeer, beoordeel.

Al die kinders van Louis Trichardt wat plekke ingepalm het, het met boerbokke geskou.

In die afdeling vir seniors stap TG Fourie (Hoërskool Louis Trichardt) met ‘n eersteplek weg. AJ Fourie (Hoërskool Merensky) was tweede, met Hans-Peter Ahrens (CVO Skool Zoutpansberg) in die derdeplek.

In die junior-afdeling was dit Gehardus Fourie wat spog met ‘n eersteplek, met Richard Schwerdtfeger in die derdeplek. Gerhardus en Richard is leerlinge van Laerskool Louis Trichardt.

Al die kinders wat eerste- tot derdeplekke tydens die skou verwerf het, het ook daarmee hulle provinsiale kleure verwerf.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines