ADVERTISEMENT:

 

Een van die voertuie wat betrokke was in 'n ongeluk op die Levubupad Maandagoggend, het ekstra hulp vereis om dit in te sleep. Die bestuurder is gelukkig nie ernstig beseer nie.

Polisie loods ondersoek na vier-voertuig-botsing

 

News  Date: 04 September 2015

 

Vier voertuie het Maandagoggend in die slag gebly op die pad vanaf Louis Trichardt na Thohoyandou.

Volgens inligting deur die polisie verskaf, is dit 'n wonder dat niemand ernstig in die ongeluk beseer is nie. Die ongeluk het sowat 15 km van Louis Trichardt plaasgevind.

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het Dinsdag bevestig dat die oorsaak van die ongeluk  ondersoek word. Daar word vermoed dat ‘n Eskom-diensvoertuig, op pad na Thohoyandou, ‘n voertuig voor hom verbygesteek het op ‘n blinde hoogte. Weens die skerp son het die bestuurder waarskynlik nie ‘n aankomende bakkie gesien nie en die twee voertuie het gebots. 

Die voertuig wat deur die diensvoertuig verbygesteek is, het buite beheer geraak, oor die pad getol en binne in ‘n diep sloot langs die pad beland.  In dié proses was 'n vierde voertuig ook in die botsing betrokke.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines